Skip to Content

"besitting"

101 keer in AFR53

En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.

En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.

Ek is 'n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my 'n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.

Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die HERE meer kon wees nie.

Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as 'n eiendom gegee het.

die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Raämses, soos Farao beveel het.

Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.

Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is my heer s'n. Daar het niks vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.

en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.

En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE.

En toe dit alles ten einde was, het al die aanwesige Israeliete na die stede van Juda uitgetrek en die klippilare verbrysel en die heilige boomstamme omgekap en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin en in Efraim en Manasse afgebreek totdat hulle dit vernietig het. Daarna het al die kinders van Israel teruggegaan, elkeen na sy besitting, na hulle stede toe.

En Josía het aan die mense uit die volk afgegee kleinvee, skaaplammers en boklammers, dit alles as paasoffers, aan almal wat daar aanwesig was, dertig duisend in getal, en drie duisend beeste; dit was uit die besitting van die koning.

Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid.

En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, dié se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die ballinge uitgesluit word.

Ook het ek my boesem uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering: Amen! en hulle het die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.

As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huis van die land van julle besitting laat kom,

En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het.

En julle moet die vyftigste jaar heilig en 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.

As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het.

moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.

Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.

En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.

En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is 'n ewige besitting vir hulle.

dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.

En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle 'n besitting wees.

En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.

En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.

En as hy aan die HERE 'n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,

En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.

Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.

Daarna het Moses gestuur om Jaéser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.

Ook sal Edom 'n besitting wees; en Seïr, sy vyande, sal 'n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.

Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader.

Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.

Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as 'n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.

en die land voor die aangesig van die HERE onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die HERE en voor Israel, en hierdie land sal vir julle 'n besitting word voor die aangesig van die HERE.

en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land Gílead as 'n besitting.

Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van die HERE na die land Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s'n wees.

Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.

En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.

En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee--julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.

en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.

'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete--maar die HERE het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;

soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.

Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.

begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie 'n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as 'n besitting gegee.

Toe het die HERE vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het.

Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.

Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.

totdat die HERE aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.

dan sal die HERE al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

As die HERE jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,

Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.

As die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,

Die HERE jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die HERE gespreek het.

Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;

Moses het ons die wet beveel, 'n besitting vir die vergadering van Jakob.

totdat die HERE aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.

Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.

En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings--

maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt en veertig stede met hulle weiveld.

Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.

So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kanaän lê, om te gaan na die land Gílead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.

As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE waar die tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.

Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en óns alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.

om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.

En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.

onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.

Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook 'n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem gewees het.

En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers.

En Ek sal dit 'n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.

Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem en na Babel bring.

Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?

Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee--

daarom, kyk, Ek gee jou oor aan die kinders van die Ooste as 'n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.

aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.

Mensekind, die bewoners van daardie puinhope in die land van Israel spreek en sê: Abraham was 'n eenling, en tog het hy die land as besitting ontvang; maar ons is baie; aan ons is die land as besitting gegee!

Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed--en sal julle die land as besitting ontvang?

Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen die vrou van sy naaste--en sal julle die land as besitting ontvang?

So sê die Here HERE: Omdat die vyand ha, ha! oor julle roep; en: Die ewige hoogtes het vir ons 'n besitting geword! --

daarom profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies 'n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is--

daarom, so sê die Here HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het--in volle vreugde van die hart, met diepste veragting--sodat die weiveld daarvan 'n buit sou wees.

En dit sal vir hulle 'n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle besitting.

En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.

En vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend in breedte moet die stuk vir die Leviete, die dienaars van die huis, wees--'n besitting vir hulle, as stede om in te woon.

En as besitting van die stad moet julle gee 'n breedte van vyf duisend en 'n lengte van vyf en twintig duisend el langs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.

Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, en my vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maar aan die huis van Israel die land oorlaat volgens hulle stamme.

So sê die Here HERE: As die vors aan een van sy seuns 'n geskenk gee van sy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.

En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns 'n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.

En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s'n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.

En ons vaders het dit ontvang en met Josua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid

Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself 'n beter en blywende besitting in die hemele het.