En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.
In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?
Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.
En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.
En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.
In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
U betree die see met u perde, 'n hoop magtige waters.