Skip to Content

"eerstelinge"

29 keer in AFR53

En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.

verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.

Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.

Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.

Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

As 'n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.

En as jy aan die HERE 'n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.

Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.

en om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van die HERE te bring;

en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die kamers van die huis van onse God en die tiendes van ons grond vir die Leviete, terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede.

En op dié dag is manne aangestel oor die kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het.

ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my God, ten goede!

Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle 'n offergawe aan die HERE gee in julle geslagte.

Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.

dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in 'n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon,

Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U, HERE, my gegee het. Dan moet jy dit neersit voor die aangesig van die HERE jou God en jou neerbuig voor die aangesig van die HERE jou God.

En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.

Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.

Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

Israel was vir die HERE 'n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.

Want op my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die Here HERE, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daar sal Ek 'n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.

En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om 'n seën op jou huis te laat rus.

En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.

Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.