Skip to Content

"elam"

27 keer in AFR53

Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.

En in die dae van Amrafel, die koning van Sínear, Aríog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies,

teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van Sínear, en Aríog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.

Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.

die kinders van Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;

die kinders van die ander Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;

en van die kinders van Elam: Jesaja, die seun van Atálja, en saam met hom sewentig manspersone;

Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.

en van die seuns van Elam: Mattánja, Sagaría en Jéhiël en Abdi en Jéremot en Elía;

die kinders van Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;

die kinders van die ander Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;

Die hoofde van die volk: Parhos, Pahat-Moab, Elam, Sattu, Bani,

en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.

Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, naamlik:

So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek verbreek die boog van Elam, die keur van hulle krag.

En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie.

En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.

En Ek sal my troon in Elam vestig, en sal koning en vorste daaruit tot niet maak, spreek die HERE.

Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek die HERE.

Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg.

en Hanánja en Elam en Antotía

En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;

'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Médië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde.

En Elam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; en Kir het die skild ontbloot.

en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Médië;

Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.

Ek het naamlik in die gesig gesien--terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.