Skip to Content

"ahásia"

31 keer in AFR53

Maar daarna het Jósafat, die koning van Juda, 'n bondgenootskap aangegaan met Ahásia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.

Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.

Toe maak die inwoners van Jerusalem Ahásia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.

Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri.

En hy het teruggekom om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.

En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.

Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die HERE met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.

Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada--want sy was die suster van Ahásia--het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.

En Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

Toe sê Ahásia, die seun van Agab, vir Jósafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Jósafat wou nie.

Ahásia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die sewentiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.

En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.

En die verdere geskiedenis van Ahásia, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.

Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.

En koning Joram het teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

Toe klim Jehu op die strydwa en trek na Jísreël, want Joram het daar gelê; en Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.

Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa--hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.

Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia!

Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe.

En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ahásia koning oor Juda geword.

en Jehu die broers van Ahásia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ahásia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet.

Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.

In die drie en twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría--sewentien jaar lank.

En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahásia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vier honderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.

sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;