Ná dit alles, toe Josía die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg by Kárkemis aan die Eufraat, en Josía het uitgetrek hom tegemoet.
Het dit met Kalno nie gegaan soos met Kárkemis, met Hamat soos met Arpad, met Samaría soos met Damaskus nie?
Oor Egipte. Oor die leër van Farao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier by Kárkemis was, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda--