Skip to Content

"lamme"

5 keer in AFR53

Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is,

Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.

En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat 'n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel 'n afkeer het! Daarom sê hulle: 'n Blinde en 'n lamme mag nie in die huis kom nie.

Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.

Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.