"pantser"
10 keer in AFR53
Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.
En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n pantser; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.
Daar was 'n koperhelm op sy hoof, en hy het 'n pantser van skubbe aangehad--die gewig van die pantser was vyf duisend sikkels koper--
En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koperhelm op sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek.
Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.